"SMS – SOS" deur Dianne Joubert

  • 0

Ek SMS vir jou
’n Liefdes-boodskap gou
My hart is vol, ek kan nie wag
Moet jou weer sien
Wil by jou wees
Wil jou net soen

Die dag is so lank
Ek SMS jou weer
Ek kan myself nie keer
Die naweek is lekker
Ons is weer bymekaar
Ons kuier met vriende
Ons maak ’n goeie paar

Refrein:
Of – so het ek gedink
Toe kom jou SMS
Jy sê my af – o wat ’n dag
Of is dit nag?
Wat het gebeur?
Wat gaan nou aan?
Net ’n SMS
’n Simpel SMS!

Ek lees dit weer en weer
My hart klop onbeheer
Ek kan nie glo
Wat het ek gedoen?
Ek moet jou bel
Ons moet versoen
Jy sê dis hoe jy voel

Refrein:
Of – so het ek gedink
Toe kom jou SMS
Jy sê my af – o wat ’n dag
Of is dit nag?
Wat het gebeur?
Wat gaan nou aan?
Net ’n SMS
’n Simpel SMS!

Ek ly aan skok
Ons Liefde was sterk
Het planne gehad
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top