"Skadubeeld" deur Thalana Hunter

  • 0

Hallo jy
Wat’s jou naam
Jy lyk bekend
En volg waar ek gaan

Gedagtes gedenk
Aan jou wat treur
En ander skend
Deur jou humeur

Skadubeeld
Alleen aan die ander kant
Selfs al reik jy uit
Neem niemand jou hand

Skadubeeld
Jy is ek, en ek is jy
Twee in een, verdeeld
Skadubeeld van my

In die donker lig
Gaan jy net weg
En oningelig
Moet jy alleen veg

Weet nie wat makeer
Of waar gaan jy heen
Jou hart is dalk seer
Maar jy’s nie alleen

Skadubeeld
Alleen aan die ander kant
Selfs al reik jy uit
Neem niemand jou hand

Skadubeeld
Jy is ek, en ek is jy
Twee in een, verdeeld
Skadubeeld van my

Volg net die regte rigting
Die pad na verligting
Ek sal jou kom haal
Voordat jy verder val
In die donker smart
Van my hart

Net ’n sig teen die muur
Maar as ek val, val jy ook
Jy’s meer as ’n figuur
Wat daagliks by my spook

Skadubeeld
Alleen aan die ander kant
Selfs al reik jy uit
Neem niemand jou hand

Skadubeeld
Jy is ek, en ek is jy
Twee in een, verdeeld
Skadubeeld van my

Net ’n sig teen die muur
Maar as ek val, val jy ook
Jy’s meer as ’n figuur
Wat daagliks by my spook
Skadubeeld
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top