Die draad was gespan
Die ankers gegooi
Om my was dit in my
Deurdrenk met angs en bloed
Die vooropgestelde idees
van 'n lewe klaar geleef
Word 'n tronk vir die siel
van 'n swerwer van gedages
In jou oë 'n sonde
In myne 'n liefdesdaad
In jou oë 'n realiteit
In myne 'n nare droom
Die toekomstige loer oor die kim
'n Bal vuur
Uitlokkend
Tartend
In jou oë 'n sonde
In myne 'n liefdesdaad
In jou oë 'n realiteit
In myne 'n nare droom
Waardeur ek nooit kon sien
Ek kyk op en glimlag
Die strale antwoord die som

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

