Ons fifty-seven Chevvy en ons drive-in-dae
Lekker lawwe tye, sonder al die vrae
Speaker aan die paaltjie is op fullblast gestel
Die aanmekaar-seats met jou arm teen my vel
Hartjies geteken op die gewasemde ruit
En Bridget Bardot wat haar pienk lippies tuit
Dit was Elvis en Brylcreem en ons ducktailjare,
My wye skirt, tekkies en geteasde hare
Ons leerbaadjies met kopbene en my noupypjean
Die metro, buddy holly en James Dean
Op seven-singles en seventy-eights gejive
My hare vas in ‘n stywe beehive.
Die sundaes op ‘n Monday by die
Roadhouse om die draai
Die Starlight Diner-menu met neonsterre besaai.
Die skinkbord met die dagwoods aan die deur gehak
Met die slapchips en Pepsi’s daarop gepak
Flash your lights for service sê die bord op die stoep
Die waiter wag geduldig dat iemand hom roep
Dit was fats, Chuck en Jerry, ons greaser dae
My wye skirt, tekkies en geteasde hare
Leerbaadjie met ‘n kopbeen en ’n faded jean
‘Cause you’ve got personality’ nes James Dean
Ons’t gerock en geroll en heelnag gejive
Dit was baie lank terug in seventy-five
Jy onthou nog die kombers langs die mooirivier
Ons liefde en beloftes met hartjies versier
Ons klasdraf en die eike en die bultkafee
Bananasplits, milkshakes, die soentjies wat ek gee
Die dae by Potch-dam met jou opblaasboot,
Ons het regtig gedink ons is nou mooi groot
Dit was Elvis en Brylcreem en ons ducktailjare,
My wye skirt, tekkies en geteasde hare
Ons leerbaadjies met die kopbene en ’n faded jean
Die metro, buddy holly en James Dean
Op seven-singles en seventy-eights gejive
Dit was baie lank terug in seventy-five
Lank, lank terug in seventy-five…

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

