Geskryf vir: Straatligkinders
My hart was ? eenrigting
In die verkeerde rigting
Stoptekens en rooi ligte oral
Nie eers enige plek vir parkering
My paaie was nie eens geteer
Maar jy het probeer
Elke draai was ? doodloopstraat
Maar weer en weer het jy probeer
REFREIN:
Hoe kon jy dit waag?
Hoe het jy geslaag?
Jy's die rebel van my hart
Die rebel van my hart se pad
En met die laaste slag
Met jou laaste krag
Vat jy die regte afdraai
Sonder om te wag, wag, wag
REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

