"Prikkel oog" by Nicole Vergottini

  • 0

Prikkel oog se lente blom
Stadig draai die uurglas om
Gebore vry, met geen beny
Wonder of jy nog dink aan my

Prikkel oog se lentedag
Hoe jy uit jou maag uit lag
Gebore klein met 'n hart van goud
Sonder jou is die somer koud

Prikkel oog se donker dae
Toe jy wegloop staan ek verslae
Gebore blind maar kon tog sien
Wens ek het jou verdien

Prikkel oog my meisiekind
Staan met jou gesig teen die wind
Gebore naak tog geklee
Sonder jou is ek skoon verleë

My prikkelkind mag jy skyn
Ek dink aan jou oor 'n glasie wyn
Gebore heel maar tog gebreek
Ek wil jou hart in die sterre wegsteek
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top