"Platteland" deur Richann Brüssow

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

? Grondpad vat my huis toe
Na daar waar ek kan rus kry
Deur dansende grasvlaktes
Kan ek die wind hoor fluister

REFREIN:
Kom ons, ons gaan terug na die platteland
Uit stof het ons ontstaan en na die stof sal ons weer terugkeer
Kom ons, kom ons gaan terug na eenvoud
Want wat jy oes is om te ewe, in hierdie metropoolse lewe

? Volmaan skyn nog helder
Net bo ? verlate Suiderkruis
In die verte ? gedempte jakkalshuil
Weergalm deur die nag

REFREIN

BRUG:
In hierdie dag en tyd verwag ons meer as wat ons gee
Ingestel om net te kry en te ontvang
Kyk liewer na wat jy het en wees, wees dankbaar vir wat jy kry
Die kode van die platteland sal jou siel bevry

REFREIN

 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top