"Oor en oor" deur Marius Smith

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Jou oë sit saggies die ligte aan
Jou oë sit saggies die ligte af
Met duiweltjies wat net ons twee verstaan

Jou vingers vou sagkuns in my hand
My vingers vou sagkuns in jou hand
En Marilyn kom soen my op my wang

Oor en oor en oor (x3)
Kan ek myself in jou oë verloor

My vingers gly stadig af teen jou nek
En kronkel tot aan die einde van jou rug
Jou asem slaan weg in die lug

Jou mond blaas warm in my nek
My asem blaas warm in jou nek
Jou geheime wat onbeheersd uitlek

Oor en oor en oor (x3)
Wil ek myself op jou lyf verloor

Ons lippe dra saggies liefde oor
Ons lippe dra liefde oor en oor
Liggies, liggies dra ons liefde oor

Jy kan met my toor!
As jou oë my siel deurboor
En my knieë beheer verloor

Neem die drange ons geleidelik

Oor en oor en oor (x3)
Kan ek myself in jou oë verloor

Oor en oor en oor (x3)
Kan ek myself in jou oë verloor
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top