"Ontmoeting" deur Janus van Loggerenberg

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek skryf op ? muur van liefde
Die smart en donkerte van die verlede
Oorskryf die lig wat ek sien in jou oë
Daar is niks meer krag in my vermoë

Kom saam, kom saam na die ander kant
Daar waar ons mekaar weer ontmoet
Kom saam, kom saam na die beter kant
Daar waar ons mekaar nooit sal groet

Sorteer die dinge uit voor ons gaan slaap
Daar's geen beter oplosing, as om te praat
Ek vou jou toe met arms van liefde en haat
Want ons verhouding het ? bittersoet smaak

Kom saam, kom saam na die ander kant
Daar waar ons mekaar weer ontmoet
Kom saam, kom saam na die beter kant
Daar waar ons mekaar nooit sal groet
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top