As die wind ? liedjie bring
Die see se klawers druis
Die hemel blou straal
En die granaat sy rooi wys
Die son sak in sy goue gloed
Die sterre blink van ver
My lief, dink ek aan jou
As die tortelduif koer
En ? arend opstyg
Met ? belofte van hoop
Sal ? reënboog verskyn
Vlei en veld dans in groen
Die wilgertakke kroon
My lief, dink ek aan jou
REFREIN:
Ek onthou nog ? keer van die lig in jou oë
Die lag in my hart met die gee van jou hand
Ek onthou nog ? keer die liefde se geur
Van die lelies se wit en die rose se rooi
As die nag se geluide daal
Speel ? duisend melodieë
En jy in my gedagtes maal
? Simfonie van tyd met jou
As die vuurtjie se vlamme dans
Gryp ek na die warmte van nog ? kans
My lief, dink ek aan jou
REFREIN
BRUG:
Met al die onthou, het ek eintlik lankal vergeet
Maar nooit die rose se rooi en die lelies se wit
REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

