"Ons Land" deur Kobus Venter

  • 0

Die land van ons
Is gebou van kleure en geure
Die land van ons is waar
Almal na welvaard strewe

Roemryke land waar
Almal eendag bedaar
Op die stoep sit en
Beleef geen gevaar

Die mooie sonsondergang
Waar die sonstrale oor die berge hang
In die verte die plaasdam
Waar ons Sondae kuier en visvang

KOOR
Dis die land waarna ons almal moet kyk
So nie, hoe sal ons land eendag lyk
Vaal en verlate
Lewensdrome vol gate
Laat mense hulself nie verryk
Maar na die land van ons kyk

Die erfenis wil ek agterlaat
Vir my nasaat
Wanneer ek van die tydelike
Na die ewige verlaat

So doen net jou deel
Dan bly ons land heel
'n Land waarop almal kan trots wees

KOOR

 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top