Geskryf vir: Straatligkinders
Sweet op die snare
Nog ? jaar later
Hier is ek alweer
Gooi myself onder helder ligte
Voor vreemde gesigte
Wat hulself nie aan my steur
Dis okay, sal steeds buig
Baie dankie vir ? goeie tyd
Op my regter knie
Speel ek my hart uit
Op my regter knie
Alleen of op stage
So ek drink ? Coke
Op die pavement
En speel kitaar
Onder straatligte
REFREIN:
In die klank van die ritme
Uit staalsnare
Dis waar my hart lê
Die sterre hoor my
Hier onder op my stage
Die pavement
Saam met ? crowd van straatligte
Wat meer kan my hart nodig hê?
Mag ek nooit vergeet
Waaroor dit
Waarlik gaan
Vuur in my vingers
Musiek hier diep binne
Soos ek tevrede asemhaal
O ek weet, ek weet
Waar my liefde lê
Tussen middernag en drieuur
Onder ? flou straatlig
Langs die stopstraatteken
Op my regter knie
So ek drink ? Coke
Op die pavement
En speel kitaar
Onder sterre
REFREIN
BRUG:
Onder sterre en straatligte
Hou koue hande ritme
Onder sterre en straatligte
Waar drome aanhou skitter
REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

