"Onder Die Appelboom" deur Kobus Venter

  • 0

Daar op die plaas
Onder die appelboom
Het ons van kleins af
Ons drome gedroom

Elke keer wat ons speel
En wanneer ons stoei
Het ons liefde
Meer en meer gegroei

Ek is mal oor jou
Wanneer jy jou arms om my vou
Jy het my hart gesteel
En jou wens met my gedeel

Dat wanneer ons groot is
Ons die pad gaan saam loop
En eendag ook
Ons kindertjies doop

Maar nou bly jy vêr
In die verte 'n skaap wat blêr
Sy soek na haar kind
Klein skapie is nêrens te vind

Ek hoor niks van jou
My hart kry berou
Het iemand jou gesteel
Met wie jy jou liefde deel

Ek het gehoor
Ander man het jou getoor
Ek‘t jou nie mooi opgepas
Ek het jou nou verloor
My hart het uitmekaar gebars

Ek sit nou alleen
Onder die appelboom
Dit is nou net ek
Wat dink aan ons droom

KOOR
Het ek dan nie geweet
Het ek dan nie geweet
Ek moes jou oppas
Weg gesteek het in my jas
Die wolwe het gekom
Ek was baie dom
Ek moes jou nie laat gaan
Nou kan jy my omslaan, met 'n veer
Ek het nie geleer
Ware liefde kom net een keer
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top