My Heiland, ek roep U
Waar gaan ek U vind
Ek roep U, kom luister
Na die stem van U kind (x2)
Is U in die wolke
Of die lied van die wind?
Of dalk mag ek U
In 'n blom se geur vind
Skuil U in die golwe
Van die groot oseaan?
Of sien ek U beeld
In die lig van die maan?
My Heiland, ek roep U
Waar gaan ek U vind
Ek roep U, kom luister
Na die stem van U kind (x2)
Ek soek U in alles
Waar ek ookal gaan
Selfs in 'n lelie
Se doudruppel traan
Is U die groot Meester
Van die voëls se gesang?
Of is U die aandwind
Wat streel teen my wang?
My Heiland, ek roep U
Waar gaan ek U vind
Ek roep U, kom luister
Na die stem van U kind (x2)
Hoor ek U jubel
In die lag van 'n kind?
Of sal ek U beeld
In sy trane kon vind?
In die bruisende waters
Wat oor rotse spoel
Daar sal ek U Almag
En Grootheid kan voel
Ek luister, Ek luister
Ek hoor jou my kind
Jy weet tog dat jy My
In alles sal vind
Ek is in die blomme
Ek is in die maan
Ek is in die golwe
Van die groot oseaan
Ek is in die goud
Wat die wolke omsoom
Ek is in die stem
Van die bruisende stroom
Ek is die vreugde
Van kinders wat lag
Maar Ek is ook daar
In die donkerste nag
Waarom roep jy, waarom soek jy?
Waarom twyfel jy kind?
Jy weet mos jy gaan My
In jou diepste hart vind

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

