"O wie is jy?" deur Dianne Joubert

  • 0

Ek het jou gewaar by Danabaai
Het aangestap en vir jou gewaai
Maar jy’t aanhou loop en op jou sel gepraat
Jou heupe geswaai soos ’n pop-soldaat
Jy ken my nie – my nog nooit gesien
Gehoop ek het darem ’n glimlag verdien

Refrein:
O wie is jy, wat is jou nommer?
Wil jou bel, ek vry jou sommer
Jy bly in my kop, my gedagtes nooit uit
Wat is dit van jou wat my so vasknyp
O wie is jy, wat is jou nommer?
Moet jou bel, ek vry jou sommer

Ek sien jou weer vlugtig by die Rittelfees
Ek skree vir jou wag, my stem skoon hees
Maar jy verdwyn tussen die skare onbewus
Dat ek op jou spoor is en soek jou beslis
Ek wag by die hek en hoop jy kom uit
Maar die nag is lank en die koue het gebyt

Refrein:
O wie is jy, wat is jou nommer?
Wil jou bel, ek vry jou sommer
Jy bly in my kop, my gedagtes nooit uit
Wat is dit van jou wat my so vasknyp
O wie is jy, wat is jou nommer?
Moet jou bel, ek vry jou sommer

My pelle dink ek is crazy verby
Hulle sê ek jaag spoke, sal jou nooit kry
Maar ek weet wat ek weet, hulle kan maar spot
Want die dag gaan kom, wat ek gaan spog
Met jou aan my sy, my arm om jou lyf
Dan gaan hulle weet ek het nie oordryf

Refrein:
O wie is jy, wat is jou nommer?
Wil jou bel, ek vry jou sommer
Jy bly in my kop, my gedagtes nooit uit
Wat is dit van jou wat my so vasknyp
O wie is jy, wat is jou nommer?
Moet jou bel, ek vry jou sommer
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top