"Oë so groot" deur Jacques Verster

  • 0

Daar is ? geritsel in my hart
Wat skree ek moet jou vashou
Ek het jou amper verloor
Ons altwee was verwaald
Ek sal jou liefhê
Soos jy my liefhet
Jou onthou in elke gebed
Vir jou alles vertel

REFREIN:
Hallo, hallo my vrou
Met oë so groot, ek will hul nooit weer laat huil
Dit was ons sak sout, wat ons saam moes opeet
Dit was God se manier vir ons om mekaar te leer ken
As man en vrou

Ek groet die gees van die verlede
Wat skree ek moet jou laat gaan
Ek het jou amper verloor
Ons altwee was verdwaald
Ek vra sal jy my liefhê
Soos ek jou liefhet
My onthou in elke gebed
Vir my alles vertel

REFREIN

Op ? koevert het jy jou liefde verklaar
Vir my probeer laat verstaan
Dat jy my lief sal hê
Soos ek liefgehê wil word
Daar is ? geritsel in my hart
Wat skree ek moet jou vashou
Ek het jou amper verloor
Ons altwee was verwaald

REFREIN:
Hallo, hallo my vrou
Met oë so groot, ek will hul nooit weer laat huil
Dit was ons sak sout, wat ons saam moes opeet
Dit was God se manier vir ons om mekaar te leer ken
As man en vrou
Ek is lief vir jou
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top