Ek woon en werk in die stad
Sit heeldag op my gat
Voor die rekenaar of in die bar
Saans kyk ek televisie
Staan net op om te piepie
Of om 'n bier te kry of vir 'n takeaway
Refrein:
Ek is ’n nuwe Suid-Afrikaner, nuwe Suid-Afrikaner
Kapenaar en pretorianer
Ek gebruik charcoal as ek braai
Viagra as ek liefde maak
Ek is ‘n nuwe Suid-Afrikaner
Ek wil ek wou maar ek was te laat
Bakgat dot com idee gehad
Net ’n paar miljoen sou die ding kon doen
Nou sit ek met my vinger in
Waar al my blink idees begin
Neem prozac en magnesium
Ek is ’n nuwe Suid-Afrikaner, nuwe Suid-Afrikaner
Channel clicker en laatopstaner
My vriende is almal lesbians
Sommige is siberians
Ek is ‘n nuwe Suid-Afrikaner
Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan
Ek hou van ‘n vrou met haar eie loopbaan
Ek’s verlede week in die pad gesteek
Ek stryk my vrou se karate pak
My hande ruik na amoniak
Maar dis al wat ek op die oomblik het
Ek is ’n nuwe Suid-Afrikaner, nuwe Suid-Afrikaner
Rubber nekker en rondomstaner
My buurvrou ry ’n landrover
Ek kort ’n makeover
Ek is ’n nuwe Suid-Afrikaner
Ek is ’n nuwe Suid-Afrikaner
Ek is ’n nuwe Suid-Afrikaner

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

