Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Sonder einde soek ons soms
Na eenvoud in die skuim
Die prentjie teken wel homself
Terwyl onskuld verdwyn
Trane rol dan oor jou wang
Dalk kyk jy na my
En jy wonder waarheen ek
Volgende gaan gly
Verse 2:
Die lafenis spoel oor my
As ek alleen hier staan
Is dit al waarvoor ons veg
Of is ek self verwaand
Soveel vrae klop in my kop
Soveel kere weer
En deur my are bruis die hoop
Dat ek iets sal leer
Refrein:
Neem my skadu
Neem my hand
Dis koud in die winter
Dis hard in my hart
Neem my donker
Neem my nou
Laat my vlieg
Ek wag vir jou
Verse 3:
'n Lawwe lag versteek 'n traan
Met mense rondom my
Dis net ek en jy wat die waarheid weet
Hoekom dan nog stry
Vaagweg stadig meer en meer
Elke dag 'n trap
In watter rigting maak nie saak
Solank jy net saam stap
Brug:
Blykbaar is ek net 'n mens
Maar dit maak my nie bang nie
Blykbaar kan ek alles doen
Maar nie op my eie nie
Eendag sal ek weer hier staan
Met ander vrae as nou
Eendag kom as vandag verby is
Maar dag een is nou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

