"N1" deur Elmarie van Schalkwyk

  • 0

Trane van vuur vloei
Soos hoofweë belig
Oor koue wange
En donker gesig

Warm begeertes
Hou my steeds wakker
Droog my wange af
En maak my dapper

REFREIN:
Maar is dit dan alles ? gejaag na wind?
Wind wat gaan lê langs drome
Naïef, veranderlik en blind

Voertuie jaag verby
Vervlietend soos drome
Oor en onder bruë
En tussendeur bome

Rooi ligte verdwyn
Op die horison
Daar waar my oë
Soek agter die son

REFREIN
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top