Soos ek nag sê aan die einde van ’n dag
En jy’s nie hier nie maar myle vêr
My hart is leeg en heeltemal alleen
Terwyl ek die traan vinnig afvee
Wat ek net wil hê moet verdwyn
Ek maak my oë toe en probeer om te slaap
Maar met die hartseer binne my
Begin ek weer te huil
Skielik onthou ek wat jy op n slag vir my gesê het
"Kry my in jou drome en daar sal ek wag"
Terwyl myle ons van mekaar af hou
Onthou net een ding
Jy is vir áltyd hier diep in my hart
Vanaand soos ander aande
Kan miskien nie ons sin wees nie my lief
Maar knyp toe jou oegies jy weet ek kry jou daar
Ek wag vir jou in my drome
Die gedagte van jou woorde gee my ’n glimlag
Wat nooit sal vergaan
Ewe skielik voel dit asof die myle al hoe minder raak
"Ek wag vir jou in jou drome"
Jy’t gesê jy kry my daar
Maar dis ek alleen wat net verstom staan en staar
Êrens in die vêrte is ’n vlam wat brand
En stadig loop die trane af teen my wang
Dan ewe skielik is die prentjie helder en volmaak
Jy het jou belofte gehou
Met ’n warmte in my hart en
’n Gelukkige traan op my wang
Kan ek nou sê
Lekker slaap my lief en ’n sagte soentjie op jou wang

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

