Geskryf vir: Straatligkinders
Die woorde het gekom, en ek was verstom.
Ek het geweet, jy wou my vergeet.
Refrein:
Ons was nie meer, en dit maak so seer
Hoe kon dit gebeur, ek kon jou nie keer
Jy is weg, ek kan nie alleen veg
As ek maar vir jou kon sê, hoe diep jou spore lê
Alles, vat my terug na ’n plek in tyd
Hier sit ek verward, net ek en my smart
Ek het soveel vrae, wat kom nog hierna
Sonder rede het jy gegaan, ek kan dit nie verstaan
Al wat oorbly is die vrae, my las om te dra

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

