Teen ? wit gekalkte muur verf ek jou naam
Op ? wit perd van die see reis ek na die maan
En op Dias se karveel onder ? wit en rooi sambreel
Sing ek saam met die lied van die see
Mykonos
Die geheime van die son brand vlamme teen die see
Die rinkink van die seemeeu weerlink soos die skoot van ? geweer
Ek en jy loop hand aan hand en skryf ons name in die sand
Terwyl die spoelhout van ? wrak die strand regeer
Mykonos
Die son se laaste lag het weergalm deur die nag
Soos die laaste doodloop strate vir die more sit en wag
Ek en jy skryf ons name teen ? ster
Terwyl die nagorkes vir oulaas blêr
Wens ek was, wens ek was vir ewig hier
Mykonos

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

