"My somerdroom" deur Magda van der Merwe

  • 0

Ek onthou ’n tyd
Toe ek vir jou gesing het
Toe jy vir my blomme gebring het
Ek weet van ’n tyd
Toe ons saam gespeel het
Ons drome en draairoomys gedeel het
Onthou jy hoe ons die tuinvoëls gevoer het
Hoe die duiwe vrolik vir ons gekoer het
Hoe ons heelagter in die bioscope gesit het
Hoe ons in die aand nog saam gebid het?

Ek wil iewers ’n somer-plekkie kry
Iewers waar ons weer in die son kan bly
Waar ons heeldag net veldblomme kan pluk
Ek jou snags onder sterre vas kan druk
Die Melkweg en Venus in jou oë flonker
’n Kersvlam en ons twee alleen in die donker

Ek onthou ’n tyd
Toe ek vir jou gesing het
Toe jy vir my blomme gebring het
Ek weet van ’n tyd
Toe ons saam gespeel het
Ons drome en draairoomys gedeel het
Onthou jy hoe het ons mallemeule gery
Hoe’t ek jou na werk by die fliek gekry
Hoe ons heelagter in die bioscope gesit het
Hoe ons in die aand nog saam gebid het?

Wat het gebeur tussen toeka en nou
Wat het geword van lugkastele bou
Hoe gaan ons maak om weer heel te kom
Hoe gaan ons al die krakies toe gom
Die sterre in jou oë het lankal versplinter
En toe ek omdraai was dit weer winter

Onthou jy, onthou jy, onthou jy nog
Hoe ons in die aand altyd saam gebid het?
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top