"My Ouers " deur Kobus Venter

  • 0

My ouers was altyd
Daar vir my gewees
Het elke aand
Vir my Bybel gelees

In my kinderjare
Was ek soos 'n potlood
My ouers was die uitveër
By hulle het ek baie geleer

Al my foute
Het hul uitgevee
My net gesê
Kom ons probeer wee'

My ouers het al my
Kommer, hartseer en
Foute laat verdwyn
Met al die uitveëery
Word my ouers klein

In die uitveeproses
Word hul nou klein
Word hul nou ouer
Tot hul eendag verdwyn

Al wat oorbly is die
Uitveerfrummels, herinnering
Van al die kere van uitvee
En geluk wat hul bring

My ouers word vervang
Deur my lewensmaat
Saam sal ons agterlaat
Wat my ouers agter gelaat het
Uitveerfrummels, herinneringe
En goeie na saad

KOOR
Hoe sal ek ooit kan opmaak
Om vir my ouers dankie te sê
Dat hul als kon regmaak
Sonder om te huiwer
Word die uitveer al kleiner
My ouers sal ek nooit vergeet
Was altyd daar
Om al my verkeerd-doen
Uit te vee en te laat vaar
Hoe sal ek ooit kan dankie sê
Daar waar hul nou in die graf lê
Hoe sal ek ooit kan dankie sê
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top