Jy’s my blou-oog nooi
Vir die wêreld is jy mooi
Met trots kan ek sê
Dis by my wat jy elke aand lê
Storms en swaar weer
Het nie ons liefde
Vir mekaar gekeer
Party keer was ons bo
Ander keer onderstebo
Hand aan hand
Het ons ons name
Geskryf in die sand
Met 'n hartjie omkring
Om meer geluk te bring
Saam het ons
In reën gestaan en sing
Gejubel en gejuig
Ons liefde
Het aan mekaar
Vasgesuig
Ons het geluk
Nie uit 'n appelboom gepluk
Liefde is daar
Ons is bedoel vir mekaar
KOOR
Want, Jy’s my nommer een na na na na na
Die enigste een na na na na na
Alleen my een
Uit al die ene
Want Jy’s my een na na na na na
My nommer een na na na na na
Myne alleen een
Vir wie ek my hart leen
Want jy’s my nommer een na na na na
Op my kan jy steun na na na na na
Ons liefde sal bly
Ons het die storms klaar gery
Ons liefde sal bly
Ons het die storms klaar gery

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

