"Moerasloper" deur Erika Zieff

  • 0

Dis 'n laat Julie middag
Sy sê ons kan kerse aansteek
Sy praat oor die sewe engele
Sy praat oor geluk

Dis 'n laat Julie middag
Sy praat oor die ooievaar
Die moerasloper
Draer van geluk

Haar oë wat glimlag in my gedagtes
Die moerasloper, draer van geluk

Ek sê, wat sê jy
Met jou mond naby my
En sy sê nege maal nege
Wat staan ons nou te doen?

Dis 'n laat Julie middag
Ek klim op die MyCiti bus
Haar oë glimlag in my gedagtes
Ek pak stadig my tas

En ek sê, wat sê jy
Met jou oë na die grond
En sy sê kom terug Kaap toe
Waar anders gaan jy bly?

Dis 'n donker Julie nag
Ek staar na die dak
Ek wonder oor die lewe
Ek draai my kop weg

En ek sê, wat sê jy
Met jou selfoon boodskappe
En sy sê moenie meer kom nie
Dis alles vir niks
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top