Die moederstad lê voor my
Tafelberg, die see, die geboue teen die berg
Die skepe, Robben Eiland
Wat het sy my gegee?
Wat ek by haar gesoek het
Was veiligheid, liefde
Opwinding, uitdaging
'n Tuiste, 'n avontuur
Wat het sy my gegee?
Die moederstad het baie gesigte –
Kampsbaai, Houtbaai, Bloubergstrand
Daar is ook Mitchell’s Plein
Woodstock, en Khayelitsha
Die moederstad het baie paaie – N1 Paarl
N2 lughawe, N7 Grandwest, die afdraai pad na
Panorama, die Weskus pad na Atlantis
Daar is 'n pad na jou townhouse toe
Die moederstad het baie mense
Maar meestal was ek alleen
Daar langs die see op 'n rots
Ek wou meestal daar afspring
Wat ek by haar gesoek het
Was veiligheid, liefde
Opwinding, uitdaging
'n Tuiste, 'n avontuur
Wat het sy my gegee?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

