"Moddertrane" deur Alex Schwalb

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Almal sien maar ignoreer die swaarkry in jou lewe
Hulle vergeet jy is ‘n mens want jy’s net een van die vele
Maak staat op die vol-fiemiesheid van die met meer as genoeg
Dra hul geskeurde klere, eet kos vol hul spoeg

Moddertrane moddertrane
Menswaardigheid vergane
Moddertrane moddertrane
Slaap in die stowwerige strate

Almal sien maar ignoreer jou krete vir hulp
En soms as jy smeek, verloor hulle hul geduld
Hoe vernederend moet dit wees om te bedel en te pleit
Vir ‘n bietjie geld en ‘n bietjie tyd

Moddertrane moddertrane
Menswaardigheid vergane
Moddertrane moddertrane
Slaap in die stowwerige strate

Jy was gebore op hierdie aarde
Sonder papier met abstrakte waarde
Die papier verskaf die skuiling, die papier verskaf die kos
Werk verskaf papier, maar papier verskaf die pos

Moddertrane moddertrane
Menswaardigheid vergane
Moddertrane moddertrane
Slaap in die stowwerige strate

Moddertrane moddertrane
Smeek vir Gods genade
Moddertrane moddertrane
Want niemand anders sien jou waarde
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top