"Meisie van my" deur Marie-Louie Pieterse

  • 0

Sonneblom en plaaskind, ek hoor jou stem op die westewind
Ek skryf jou naam soos 'n kompas in die sand
Sodat jy jou pad na my kan vind
Onder die reënboog gaan ons bly
Baby, ek en jy

Refrein:
Somerson sand en see
Meisie van my, hierdie is wat jy vir my gee
Winterwind, ek is nie meer jou kind
Meisie van my, dit is net jy

Jou hare, windverwaai, die kleur van koring
Voor oestyd in die somer
Met 'n kop deurmekaar en vol drome
Dit is vir jou ek by my wil hê
Langs wie ek wil lê
Refrein

Kom staan 'n bietjie stil teen my
Jy is die vlerke waarmee ek vlieg
Die stilte van die see
Wat in my wieg
Jy is die vreugde van my lewe
Die vreugde (musiek) van my lewe
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top