Vers 1:
Met jou rooi rokkie en jou swartkoppie
Stap jy in die straat by my verby
Ek sien jou! Ek sien jou!
En ek weet jy is die een vir my
Maar jy wil net niks van my weet nie!
En hoe laat jy my hierdeur
Net nie sweet nie!
Refrein:
Jy is die meisie van 5de laan
Jy het my hart so heeltemal verslaan
Vir jou wil ek hê
En ek gaan dit vir jou sê
Vers 2:
Jy is in my gedagtes vasgepen
En ek weet dit is jou hart wat ek wil wen
Jy laat my sweet
Jy laat my als vergeet!
Refrein:
Jy is die meisie van 5de laan
Jy het my hart so heeltemal verslaan
Vir jou wil ek hê
En ek gaan dit vir jou sê
Vers 3:
Jy dryf my teen die mure uit
Moedswillig en astrant, mooiste swartkop in die land!
Die een wat vir altyd aan my sy moet staan, my meisie van 5de laan!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

