O, meisie met die giggel-lag
Vir my is jy so “cute”
Jou giggel laat vir my glimlag
Al is ek in ’n slegte ”mood”
Jou gesiggie straal van vreugde
Jou laggie opgewek en bly!
O, meisie met jou giggeltjie
Vir jou gaan ek nog kry!
Koor:
Meisie, O, meisie
Giggel weer vir my
Jy beur my op
Jy laat my lag
Van jou pure giggel-ry!
Jy weet dit nie
Maar ek sê jou nou…
Jy’s die enigste “girl” vir my !
O, Meisie met jou giggel lag
Ek kan mos nooit kwaad bly!
Onmoontlik om met haar te stry!
As sy vra hoe dit met my gaan
Voordat ek nog kan begin kla,
Dan sê sy met ’n giggel lag:
“Elke dag gaan dit goed met my!”
Sy’s die regte “girl” vir my!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

