Geskryf vir: Straatligkinders
Dis miskien die masjien
Helfte wat jy doen
En helfte wat jy sien
Net `n sot glo in `n god
Wat hom soos die duiwel vermom
Dis miskien die masjien
Helfte wat jy droom
En helfte wat jy sien
Kom nou poplap
Vat daar aan
Jou dors
Is jou dors
Geen meer eer en geen meer trots
Ek stort liewer in suurreën
As om te kruip in die stof
Liewer die grys van die dag
As die swart van die nag
Ons kan almal versamel
Om die toring van Babel
Dis miskien die masjien
Helfte wat jy dien
En helfte die masjien
Lewens verdeeld en volks-vervreemd
Verstrengel en uitgemergel
Vasgebind en bloed belemmer
Kom nou poplap
Vat daar aan
Jou dors
Is jou dors
Dis miskien die masjien
Helfte van `n helfte
Is `n kwart van wat jy sien

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

