"Manwees," deur Joan van Wyk

  • 0

Preferred Band/Artist: Any
Geskryf vir: Alle kunstenaars

Saggies kus ek jou op jou oë
Saggies kus ek jou op jou voorkop
En saggies...o...so...saggies
Ontmoet ons lippe tog so teer

Refrein:
Die liefdesband is tog so wonderbaar
Om in die wêreld van manwees te leef
Want 'n man
Bly mos ’n man!

Eers 'n melkbaard, en toe 'n snorbaard
Eers 'n jongman en eendag...o...eendag
Sal ek verseker ook 'n ouman wees
Wat maak dit saak

Refrein:
Die liefdesband is tog so wonderbaar
Om in die wêreld van manwees te leef
Want ’n man
Bly mos ’n man!

Om 'n man te wees is tog so heerlik
Al is ons so jonk en oud en grys
En vol van rumatiek

Wat maak dit saak!
’n Man bly mos 'n man
Manwees is bobaas

Jongman of ouman
’n Man is mos 'n man
Manwees is bobaas!
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top