Jy’s die macdonald’s generasie
En jy praat nie meer afrikaans nie
En jy’t ’n pienk selfoon
En ’n ring om jou toon
en ’n limited edition
Nike vision
En alles het ’n label
Alles het ’n prys
Alles het ’n etiket
Wat jy op straat kan wys
Jy’s die Macdonald’s generasie
Geen salvation army specials
Sargeant pepper’s warm baadjies
Tog te lekker in die winter
Een vir my, een vir my maatjie nie
Gee my, gee my, gee my
Dis al wat ek die heeldag hoor
Gee my, gee my, gee my
Dis al wat ek die heeldag hoor
Jy’s die Macdonald’s generasie
Jy’s die macdonald’s generasie
En jy kry jou gratifikasie
En jou wicked weasel
In jou Nuwe Diesel
En jou Billabong
Alles hê dot com
En as jy Gucci kon bekostig
Sou jy dit strand toe dra
Want jy het geen benul van geld nie
Jy kry dit by jou ma
Jy’s die Macdonald’s generasie
Geen ou langstraat tweede handse
Maak dit reg met zebra strepe
En dis boonop alles bargains
Individuele klere nie
Gee my, gee my, gee my
Dis al wat ek die heeldag hoor
Gee my, gee my, gee my
Dis al wat ek die heeldag hoor
Jy’s die macdonald’s generasie
Jy’s die macdonald’s generasie
En niemand is verbaas nie
Dat jy liefde soek
In ’n stywe broek
In jou nuwe boyfriend
Se Mercedes Benz
En alles het ’n angle
Ja alles het ’n hoek
Alles het ’n waarheid
waarna jy sê jy soek
Jy’s die Macdonald’s generasie
Geen ou tannie babsie se jaswinkel
Koop kontant of koop op lay buy
Konsentrasiekamppasteikors
Want dis glad nie jy daai nie
Gee my, gee my, gee my
Dis al wat ek die heeldag hoor
Gee my, gee my, gee my
Dis al wat ek die heeldag hoor
Jy’s die macdonald’s generasie
Jy’s die macdonald’s generasie
En jy kom uit die lokasie
Maar jy't lankal vergeet
Van die lief en leed
Van jou ex-familie
In Umfuleni

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

