O hoe pragtig soos ’n goud bal
Spog jy daar aan die hemelruim
Met jou sagte maanligstrale
Wat helder oor die aarde skyn
Hoe verlief en so romanties
Laat jy jong verliefdes voel
Met geheime in jou goudglans
Wat liggies oor die aarde spoel
Hoe sal ’n mens tog ooit verstaan
Wat sal ’n aarde wees sonder ’n maan?
Liefste maanlig met jou goudskyn
Dra my liefde oor na haar
Want jou lig wat nou op my skyn
Selfde strale skyn ook daar op haar
Laat haar weet dat ek haar lief het
Dat ek ook nou aan haar dink
Laat ek saamry op jou maanlig
Laat ek sweef saam op die wind
Hoog bo woke tussen sterre
Tot ek my by haar bevind …
Wat sal ’n aarde wees sonder ’n maan?
Rond en lieflik, maar tog bedrieglik
Is die afstand tussen jou en my
Net so vêr is ook my liefde
Vêr van hier waar sy daar bly
Liefste maan O dra my liefde
Op jou strale na haar toe aan …
Laat haar weet dat ek haar lief het
Dat ek daar in my hart daar by haar staan
Dat jou strale ook op my straal
En my saamdra tot by haar …
Wat sal ’n aarde wees sonder ’n maan?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

