"Ma se rap" deur Annette Poley

  • 0

Dis vroeg opstaan, dis koffietyd
Kosblikke maak en dan ontbyt
Dis skool toe vat en O, nee, wee!
Nogsteeds is dit die einde nie

Dis stofsuig hier en afstof daar
Die skottelgoed is amper klaar
Die bondel wasgoed lê nog daar
Die kos op die stoof is amper gaar

Nou skool toe ry om die kroos te kry
Dan eers kosgee en huiswerk kry!
Nou eers gou maak, want dis atletiek
En dan weer jaag vir gimnastiek!

Nou musiek toe vat en dan ballet
Dan rugby toe en dan kadette
Terug huis toe jaag vir vergete pette!
Sjoe! Gelukkig maak ons dit nou net-net!

Nou huistoe ry en weer kos kook
Miskien vanaand net sommer brood?
Stokflou gedaan en uitgeput
Geen tyd vir rus of ‘n bietjie dut!

Skoolklere skoon en mooi gestryk
Lê netjies langs die beddens gepryk
Dan eet en bad en snoesig stil
Word vinnig in die bed gespring!

Dan arms styf om ma se nek
’n Soentjie vol op ’n sagte bek!
Is dit nou nie ‘n wonderlike beloning
Dit laat ma voel net soos ’n Koning!

Nou eers kan ma ’n stille tydjie kry
Om rustig na haar sepies te kan kyk
Maar more is weer nog ‘n dag
Van rondspring, rond jaag, tot die nag!
Maar Ma’s wil dit nie anders hê,
Want dis die lewe dié, so sal hul sê!
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top