Een dag toe ek die straat af stap
Kom daar ‘n nooi verby
Ek wonder toe so by myself
Gaan ek ‘n trouvrou kry
Hoe moet sy lyk
Wat moet sy hê
Wat moet ek in haar sien
Het sy dan ietsie spesiaals
Wat ‘n ou soos ek verdien?
Luister boetman, luister mooi
Luister mooi na my
‘n Jong man vat ‘n grote kans
Wat na ‘n vroumens vry
Luister boetman luister goed
Luister goed na my
Want elke vroumens wag vir jou
Om die strop om jou nek te kry
En as ek met my harde kop
Steeds na trouvrou soek
Hoe weet ek sys die regte een
Mens leer dit in geen boek
Hoe moet sy lyk
Wat moet sy hê
Wat moet ek aan haar sien
Moet sy dan ‘n wipneus hê
Wat ’n ou soos ek verdien?
Luister boetman luister mooi
Luister mooi na my
Jy vat nog steeds ‘n helse kans
Om na die nooi te vry
Luister boetman luister goed
Ek weet wat jy verdien
’n Wipneus word ‘n wysneus
En sy word ‘n praatmasjien
Nou sê my dan, ek vra so mooi
Wat kan jy vir my leer
Ek soek een vir ‘n koue bed
Ek vra tog vir niks meer
Hoe moet sy lyk
Wat moet sy hê
Wat moet ek aan haar sien
Soek ek vir ‘n dimpelwang
Wat ‘n ou soos ek verdien?
Ai, boetman luister, luister mooi
Luister mooi na my
Is dit dan al waarna jy soek
Om warm te kan kry?
Luister boetman , luister mooi
Na raad so goed soos goud
Jy soek nie na ‘n dimpelwang
Jy soek ‘n dimpel boud
Die ding die bly steeds in my kop
Soms voel ek so alleen
Ek voel ek moet ‘n maatjie soek
Maar wie’s die regte een
Hoe moet sy lyk
Wat moet sy hê
Wat moet ek aan haar sien
Soek dan na ‘n blonde bom
Wat ‘n ou soos ek verdien?
Luister boetman, luister mooi
Luister mooi na my
Want soek jy na ‘n blonde bom
Sal jy haar seker kry
Maar luister boetman, luister mooi
Jy kan maar vir my vra
Want hierdie goed
Met die warm bloed
Die sê te gou-gou ja
Die jare gaan so gou verby
Ek raak nou desperaat
Ek vra jou mooi my goeie vriend
Kom gee my wyse raad
Hoe moet sy lyk
Wat moet sy doen
Ek luister wat jy sê
Moet sy dan net ‘n fietse lyf
En wikkelboudjies hê?
Stadig boetman, stadig nou
Vra dat die satan wyk
Kalm boetman, kalm bly
As jy na boudjies kyk
Luister boetman, luister goed
Na die wysheid wat ek het
Want wikkelboudjies wikkel gou
In ‘n ander man se bed
Maar moet ek dan altyd so alleen
Sonder ‘n maatjie bly
Jy hou dan aan om dit te sê
Dis die beste ding vir my
Hoe moes sy lyk
Wat moes sy hê
Wat moes ek aan haar sien
Was daar nie ietsie spesiaal
Wat ‘n ou soos ek verdien?
Luister boetman, luister mooi
Luister mooi na my

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

