"Lugkastele" deur Annette Poley

  • 0

Rustig bou ek steen vir
Aan my lugkastele

Refrein:
Droom ek drome net van jou
Kosbaar soos juwele
Koester ek jou sag en teer
Soen ek jou weer nog ’n keer
So troetel ek die drome nou
Want eendag weet ek vind ek jou!

Met jou donker hare en oë blou
Droom ek dat ek jou styf vashou
Jy voel so sag, jou lippe warm
Dan weer draf ons hand aan hand
Oor die strand en spierwit sand
Duik ons in die koele water
Speel soos kinders in die branders

Vers 2:
Tot die son se strale begin dwaal
En die skemer saggies om ons daal
Uitgeput en so gelukkig
Kyk ons hoe die liggies flikker
En dan sien ek jou weer staan
Lieflik mooi deur glans omraam
Terwyl die skadu’s om ons taan

Vers 3:
Toe die maanligstrale begin kwyn
Sien ek hoe jy in die niet verdwyn
Maar eendag sal ek jou wel vind
Jou styf vashou en aan my bind
Tot dan bou ek geduldig voort
Wyl net jou skim aan my behoort
Bou ek heel alleen rustig steen vir steen!

Rustig bou ek steen vir steen
Aan my lugkastele
Droom ek drome net van jou
Kosbaar soos juwele
Koester ek jou sag en teer
Soen ek jou weer nog ’n keer
So troetel ek die drome nou
Want eendag weet ek vind ek jou!
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top