Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Eendag, ja eendag
Ons almal het ons lugkastele
Jy’t joune, ek’t myne
En ons albei bou met idealisme
Vers 2:
Môre, ja môre
Môre is dit alles weer beter
Want jy’t joune, en ek’t myne
En ons albei is dan dalk tevrede
Refrein:
Die wêreld ’n hongersnood
Gee ons tog ’n bietjie brood
Want ons eet maar word nie vol nie
En ons mik maar tref nie die kol nie
Wys my weer hoe lyk die grond
Die klei waarvan ons almal kom
Want ons kyk maar sien dit nie raak nie
En dit maak nie meer so saak nie
Vers 3:
Eendag, ja eendag
Leer ons dalk uit ons verlede
Jy’t joune, ek’t myne
En dit lê bietjie dieper as ons gene
Vers 4:
Môre, ja more
Môre is dit mos weer beter
Want jy’t joune, en ek’t myne
En ons albei is dan dalk tevrede
Brug:
Eendag op ’n reëndag, sien ons dalk mekaar
As ons afkyk na die grond en nie meer lug se kant toe staar

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

