"Lief genoeg" deur Kristi van der Riet

  • 0

Vers 1:
Vertel my wat ek moet sê liefling
Vertel my wat ek moet doen
Want ek kan net soveel geluk belowe
Die pyn net soveel keer weg soen

Verse 2:
Vertel my wat jy wil hê liefling
Vertel my wat jy droom
As jy aande langs my lê en ruk
Is hy by jou gedagtes ingesoom

Pre-chorus:
Ek sien hoe jy huil
As jy my ou foto's wys
Hy was die een
En ek’s net die troosprys

Chorus:
Maar ek’s lief genoeg, om jou trane af te vee
Ek weet jou hart is gebreek so ek sal myne vir jou gee
Eks lief genoeg, om elke halwe glimlag te waardeer
Lief genoeg vir jou om my siel verder te verskeur

Verse 3:
Vertel my wat is fout liefling
Vertel my wat jou pla
Deel met my jou grootse vrese
En ek sal hulle saam myne dra

Pre-chorus:
Ek sien hoe jy huil
As jy my ou foto's wys
Hy was die een
En ek’s net die troosprys

Chorus:
Maar ek’s lief genoeg, om jou trane af te vee
Ek weet jou hart is gebreek so ek sal myne vir jou gee
Eks lief genoeg, om elke halwe glimlag te waardeer
Lief genoeg vir jou om my siel verder te verskeur

Bridge:
Ek sal myself verloor om jou te kry
So sê jy sal vir altyd hier by my bly
Ek sal jou regmaak al maak dit seer
Sodat jy liefde nog 'n kans kan gee

Chorus:
Maar ek’s lief genoeg, om jou trane af te vee
Ek weet jou hart is gebreek so ek sal myne vir jou gee
Eks lief genoeg, om elke halwe glimlag te waardeer
Lief genoeg vir jou om my siel verder te verskeur
 
lyricMap homeMap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top