Lente is hier, verwelkom dit met groot plesier
Elke blommetjie sê kom kyk gou hier
Vrolike liedjies word deur voëltjies gesing
Lente het alles vir ons gebring
REFREIN:
Geniet die lentetyd
Oor ons hele land so wyd
Die skone blommeprag
Ons het lank daarvoor gewag
Geniet die son, die see en baie meer
Die veld se skoonheid elke keer
Met die mooiste kleure ooit gesien
Alles waarmee lente ons bedien

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

