Met ’n kitaar innie hand onder ’n vensterbank
Staan ’n seun van die dorp – Hennie is sy naam
Sy hare is gekam; sy baard is geskeur
En hy sê vir homself ek gaan weer probeer
Miskien vandag staan hy nie verniet
Vir nou is dit al wat hy vir haar kan bied
Maar hy hoop om eendag voor die kansel te staan
Met Lenie aan sy, hy droom daarvan
Ek sien hoe sy in die isle afkom Lenie
Lenie my mooiste blom
Ja ek sien hoe sy in die isle afkom
Lenie Lenie my mooiste blom
Ja hy droom van ’n toekoms met Lenie de Vos
Maar haar pa sê Hennie moet vir haar uitlos
Maar die liefde is ’n ander ding; die liefde maak vir Hennie an die sing
Refrein:
Lenie my hart klop net vir jou
Ekke wil eendag met jou trou
Ag Hennie please understand
My daddy has got other plans
Meneer de Vos se Hennie luister nou mooi
Hoekom gaan soek jy nie ’n ander nooi
Sy’s nog innie boeke en jy’s net ’n mechanic
Die laaste ding wat ek wil hoor is van ’n wedding
Lenie moet leer Lenie moet swot
Ek dink dis tyd dat jy die pad moet vat
Lenie moet leer Lenie moet swot
Ek dink dis tyd dat jy die pad moet vat
Meneer de Vos asseblief luister tog
Ek is lief vir Lenie ek sal vir haar sorg
Ek is nie hier om haar tyd te mors
Die gevoelens in my is ’n hengse force
Luister boetman jy kan maar praat;
Ek het lankal my mind opgemaak
As my dogter eendag gaan trou
Sal dit beslis nie wees met jou
Hennie stap weg; kop in die grond
En hy dink by himself dis sommer stront
Meneer de Vos sê hom vandag lelik in
Terwyl hy weg stap begin hy te sing
Refrein:
Lenie my hart klop net vir jou
Ekke wil eendag met jou trou
Ag Hennie please understand
My daddy has got other plans
Met ’n kitaar innie hand voor ’n rooiklip huis
Sit ’n oom van die dorp – Hennie van der Spuy
Sy hare is lank; hy’t lank laas geskeur
Allie kinners sê oom Hennie is gepla met die weer
Miskien vandag speel hy weer daai lied
Hy sing terwyl die trane sy oe vol skiet
Jy sien hy het toe nooit voor die kansel gestaan
Want Lenie het getrou met ’n ander man
Hy’t gesien hoe sy in die isle afkom daar stap Lenie sy mooiste blom
Ja hy’t gesien hoe sy in die isle afkom daar stap Lenie sy mooiste blom
Daar was geen toekoms vir hom met Lenie de Vos
Want haar pa het gesê hy moet vir haar uitlos
Maar as oom Hennie so sit en oor sy lewe dink
Kyk dan raak daai oom Hennie an die sing
Refrein:
Lenie my hart klop net vir jou
Ekke wil eendag met jou trou
Ag Hennie please understand
My daddy has got other plans

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

