"Lemmetjiesdraad" deur Kalinka Fick

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Maak sin asseblief, ek wil verstaan
Waar kom hierdie wraak-gevoelens vandaan?
Maak skoon, jy's foutief en van onbelang
As jou pa nou jou sien sal hy jou doodslaan
Die kinders skree hulle is gek en verkeerd geklee
Maar sy ma mag nie goed deur tronktralies aangee
Elke hou dryf die lewe uit sy lyf uit
Jy moet nou mooi trap, mooi sit en mooi kyk
Maak ons kwaad, ons kort raad

REFREIN:
En as jy oë uitvee is dit te laat
Kom aan en skree vir my ek's ? psigopaat
Ek druk my arms deur die lemmetjiesdraad
En daar's vandag se goeie daad

Ons maak dit aan, maak dit dik
Moenie aan jou leuens verstik
Sit die tou om jou nek, maak dit styf, maak ? strik
Ons kleur die skadu's wit in, maak gereed om te spring
En kyk hoe wurg hulle die gal in jou in
Maak ons kwaad, desperaat

REFREIN
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top