Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Realiteit is banaal
Laat gaan
Vat die kans om die lewe te ervaar
Daar is net een pad waarop ons almal is
Wat gaan jy hier maak
Voor jy gaan rus
Refrein:
Wees dapper
Wees braaf
Breek die bande wat jou slaaf
Laat die liefde jou verwoes
Die son jou verskroei
Ons tyd hier is min om sukses te oes
Vers 2:
Die lewe is te kort om tyd te mors
Hou op voorgee
Gooi weg al die gemors
Vergeet van jou vyande
En verbrand jou pyn
Eendag gaan alles in ’n oogwink verdwyn
Refrein:
Wees dapper
Wees braaf
Breek die bande wat jou slaaf
Laat die liefde jou verwoes
Die son jou verskroei
Ons tyd hier is min om sukses te oes
Brug:
Ruk uit die wortels
Wat jou geluk verstop
Jaag die goudpot
Sonder om te stop

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

