"Kyk net mooi" deur Kayleigh Paich

  • 0

Jy sien die ligte êrens uitbrand
En môre voel so vêr
Die hartseer laat jou leeg loop
En onsekerheid maak jou vuil

Hoop voel soos ? mite
Geluk soos ’n vêr weg herinnering
En jy’s alleen, koud en alleen
Maar jou oë is toe

Dis warm daar buite
Daar’s hoop in ander se oë
Daar’s mense wat lief het
Staan net op, kyk net mooi.

Maak oop jou oë, jou hart
Jou siel
Glimlag vir alles en almal
Droom, droom

Fluisters maak jou ore taai
Want die woorde is bar en vuil
Jy sien die mense om jou
En sluk die trane terug

Die wêreld skree van skoonheid
En rykdom en van wen
Maar jy’s nie van daai nie
En jy raak weg, weg

Dis warm daar buite
Daar’s hoop in ander se oë
Daar’s mense wat lief het
Staan net op, kyk net mooi

Maak oop jou oë, jou hart
Jou siel
Glimlag vir alles en almal
Droom, droom

Wees alles wat mal is
Droom jou grootste droom
Want eendag as jy oud is
Sal daar geen spyt wees

Dis warm daar buite
Daar’s hoop in ander se oë
Daar’s mense wat lief het
Staan net op, kyk net mooi

Maak oop jou oë, jou hart
Jou siel
Glimlag vir alles en almal
Droom, droom
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top