Geskryf vir: Straatligkinders
Genotsaam, is dit nie?
Goed wat jy aan jou doen
? Oomblik se inname
Minute se ekstase
Maar min het jy geweet
Die kwaad wat dit sal kweek
Die bron van jou verligting
Die agent van jou ondergang
REFREIN:
Kyk hoe lyk jy
Wat gebruik jy?
? Paradoks knoop jou hart
Jou siel is vas en los
Aaklig, is dit nie?
Goed wat jy gedoen het
Minute se inname
? Oomblik se ekstase
Maar goed kan jy verstaan
Die kwaad wat dit nou kweek
Die agent van jou ondergang
Die bron van jou lyding
REFREIN x2
Maar als was nie verlore
? Lig van hoop
Dit kom van bo
Saam met wilskrag en moed
Is die nare lot verhoed
Onthou net vir altyd
Voorsorg is beter as nasorg

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

