Kom haal jou liefde uit my hart uit
Ek kan nie self nie, ons sal nooit versoen
Moet jou oë sien as jy dit doen
Elke liewe stukkie, een vir een, ek het besluit
Ons liefde altyd so mooi, jy is my maat
Roodeberg en biltong en Cohen daarby
Ons bymekaarkoms het ons so verkeerd gekry
Maar tog so lekker, jou hele wese in my gelaat
Ons het gebreek, uitmekaargeskeur
Wat ons s'n was sal nooit weer wees
Almal het vir jou besluit, sal nooit van dit genees
Het jy maar 'n idee waar gaan ek deur
Kom haal jou liefde uit my hart uit
Ek kan nie self nie, ons sal nooit versoen
Moet jou oë sien as jy dit doen
Elke liewe stukkie, een vir een, ek het besluit
Geniet jou lewe, ek gun jou dit
Geen omdraai is daar nou meer
Ek het besluit dit sal nie weer
Al is my liefde vir jou 'n bodemlose put
Nooit sal daar weer so 'n liefde wees
So hard het ek probeer om net my se te sê
My Zannie en die Bielies, wil nog steeds dit hê
Jy is vir altyd en altyd in my gees
Kom haal jou liefde uit my hart uit
Ek kan nie self nie, ons sal nooit versoen
Moet jou oe sien as jy dit doen
Elke liewe stukkie, een vir een, ek het besluit
Vir die laaste keer, kom wys jou oe
Ek sal die liefde daarin sien


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.