"Kom saam met my" deur OP Nel

  • 0

Kom saam met my
Die lewe is sorgloos en vry
Kom saam met my
Dat ons op die wolke kan ry
Kom vat my hand
Ons sweef na ‘n ver towerland
Daar sal ons huppel
In sterreglans trippel
En dans in die lig van die maan

Refrein:
Liefling belowe my
Jy gaan saam in die feetjiesland bly
Liefling belowe my
Dit sal altyd ‘n wonderland bly
Liefling kom laat ons sing
Van mores wat net vreugdes bring
Saam gaan ons huppel
Van ster tot ster trippel
En rus in die wieg van die maan

Kom saam met my
Na ‘n lewe met jou aan my sy
Kom saam met my
Ons gaan in ‘n sprokiesland bly
Kom streel my wang
Dis al wat my hart na verlang
Saam sal ons huppel
In sterreglans trippel
Dan dans ons ‘n kring om die maan

Refrein:
Liefling belowe my
Jy gaan saam in ons droomland bly
Liefling belowe my
Dit sal altyd ‘n wonderland bly
Liefling kom laat ons sing
Van môres wat net vreugde bring
Saam gaan ons huppel
Van ster tot ster trippel
En rus in die wieg van die maan

Al gaan die jare verby
Weet ek jy’s nog steeds aan my sy
Al gaan die jare verby
Ons drome sal werklikheid bly
Al verloor more sy glans
Sal ons in ons drome steeds dans
Steeds sal ons huppel
Van ster tot ster trippel
En slaap in die wieg van die maan

Refrein:
Liefling belowe my
Dit sal altyd ‘n feetjiesland bly
Liefling belowe my
Jy sal altyd my droom-prinses bly
Liefling kom laat ons sing
Van mores wat steeds vreugde bring
Steeds sal ons huppel
Van ster tot ster trippel
En dans in die lig van die maan
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top