"Kom saam met my" deur Marie-Louie Pieterse

  • 0

Hier staan ek voor jou deur al weer
Met ’n roos in my hand
En ’n liefde in my hart wat vir jou brand
Kom dan saam met my vanaand
Ons gaan dans! Ons gaan dans vanaand!

Refrein:
So sexy is jy aan my sy
Die ure gly soos seesand deur my vingers verby
Saam met jou, saam met jou
Wil ek die kaleidoskoop van die lewe ontvou

Ek vat jou hand, so sag in myne
Sien die drome in jou oë
Van kinders nog ongebore,
En ek weet, jy, is my lewensmaat.
Stadsliggies gly verby, kilometers soos ons ry,
Vry, met jou aan my sy.

Refrein:

So sexy is jy aan my sy,
Die ure gly soos seesand deur my vingers verby,
Saam met jou, saam met jou,
Wil ek die kaleidoskoop van die lewe ontvou!

Daar by Barrydale se afdraai verby
Sing ek vir jou terwyl jou hare
Waai in die wind.
Oppad na Victoria Baai
Waar ek vir jou die mooiste skulp gaan vind,
En in somerson jou met liefde gaan bind,
My loshaar blonde meisiekind!
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top