"Kersfees op Jeffrey’s" deur Thomas Thomson

  • 0

Koor:
Kersfees op Jeffrey’s met ’n doppie in my hand
Die wind in my hare en my tone in die sand
Die somer by die see het ek my liefde gevind
En in my arms vir ewig trou gesweer

Vers 1:
Terwyl die nag sy lê begin kry
Vat ek die swartpad tot by PE verby
Ek droom al lankal van ’n dag soos nou
Wanneer my sorge op die teerpad bly

Vers 2:
Dis net so skuins na tien dat ek my opwagting maak
Op die heuwel staan die hek reeds oop
En groet die son my reeds ook
Ek ruik die see en ek weet ek is tuis

Brug:
Die klop in my hart en die son wat laat sak
Om die vakansiegees oor my lyf te laat spoel
Van mense of Jeffrey’s wat die lewe kan voel
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top